MATTHÉÜS 15:10-11 AFR53
10. En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!
11. Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
-------
Kern gedeelte:
"maar wat uit die mond uitgaan"
Ons gaan deur fases in ons lewe en in hierdie fases raak dinge soms makliker, soms moeiliker, meer uitdagend en meer frustreerend.
Ons staan dikwels in konflik teenoor ander, en ander kere word jy aangeval met woorde, sonder rede.
Ongeag, in tye van konflik kom ons ware karakter te voorskyn, want wat die hart van vol is loop die mond van oor.
Wanneer ons Gees gevul lewe, en GOD se vrede wat alle verstand te bowe gaan in ons is, dan lyk ons anders, stap ons anders, lewe ons anders, spreek ons anders, want ons is bekleed met die vrede en outoriteit wat GOD op ons geplaas het.
Dit is nie meer in jou vermoë om aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie, want jy weet dat lewe en dood is in die mag van die tong.
Wanneer JESUS CHRISTUS in jou lewe sal Sy Lig deur jou skyn, Sy woorde van vrede en vreugde, voorspoed en opbou sal op jou tong wees.
Kom ons luister vandag na die woorde wat ons spreek, en laat ons onthou:
Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend weet ek nie mooi wat om te bid nie, want my woorde klink dikwels soos woorde van iemand wat nie die vrede van GOD in hom het nie. Ons raak frustreerd wanneer omstandighede teen ons opbou, en dit is waar, wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Laat U Heilige Gees asb ons hart skoonmaak en ons mond aanraak sodat ons weer woorde van lewe sal spreek en die woorde van die wêreld nie meer in ons woordeskat sal wees nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons dat U ons oë sal open vir ons eie foute.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






