SPREUKE 26:13-16 AFR53
13. Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
14. 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
15. Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
16. Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
***
Kern gedeelte:
"Die luiaard sê"
Moenie toelaat dat mense op jou rug ry nie, want vir die luiaard sal daar altyd 'n rede wees, en hy sal altyd 'n antwoord hê in 'n argument want sodoende kan hulle aanhou om jou leeg te suig.
Daar sal 'n rede vir alles wees, hoekom dit nie gedoen kan word nie, want hulle weet dat jy, reeds na alles omsien, en dat jy na hulle ook sal omsien .
Die Woord van GOD sê dit duidelik, as 'n man nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
Trek vandag die streep in die sand, moenie langer toelaat dat die persoon of persone op jou rug ry nie
As jy kan werk, kan hulle dit ook doen.
Deur aan te hou om toe te gee maak die probleem by die dag groter.
As jy die ware kleure van die persoon/persone na vore wil sien kom, sny die voorsiening af.
-------
GEBED.
VADER, ons weet dat ons 'n helpende moet uitreik na die mense wat dit werklik nodig het, maar ons weet ook dat vandag se hulp, môre se verwagting is. Hoe meer ons gee, hoe meer word van ons verwag. Ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei om te kan onderskei tussen nood en misbruik. Laat U Heilige Gees dit op ons hart lê waar ons die hand vir ander moet oopmaak, maar ook wanneer dit tyd geword het om weer die hand van voorsiening weer toe te maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig in ons besluite.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






