MATTHÉÜS 22:15-16 AFR53
15. TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.
16. En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie —
***
Kern gedeelte:
"om Hom in sy woord te verstrik"
As mense, die Fariseërs, probeer het om JESUS CHRISTUS in Sy Woorde te verstrik, sal hulle dit met jou ook doen.
Moenie uit woede of emosinele reaksie antwoord nie, maar gee antwoorde wat GOD gelei, sodat jy nie in die strikke trap wat vir jou gestel word nie.
Moenie almal vertrou nie want om hulle doel te bereik sal hulle selfs ander mense gebruik, mense van wie jy dit glad nie verwag nie.
Dus plaas 'n wag voor jy mond en antwoord binne GOD se Wil, dan kan niemand 'n vinger na jou wys nie want jy staan in die beskerming van ons Skepper.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir hierdie waarskuwing vanoggend, want soos een vuurhoutjie 'n hele woud aan die brand kan steek, so ook kan woorde wat gespreek is, chaos in ons lewens veroorsaak. Ons vra dat U ons sal lei in ons gemoed, en laat ons met kalmte van gees en gemoed sal antwoord. Laat ons eerder swyg in die hitte van die oomblik, want stilbly is ook 'n antwoord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U hierdie droogte sal breek wat nog in sekere areas van ons land heers.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






