MATTHÉÜS 22:29, 32 AFR5
29. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
32. Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.
***
Kern gedeelte:
"God is nie 'n God van dooies nie"
Ons kan hierdie saak aanvoer of verdedig soos ons wil, maar aan die einde van die dag kom ons by' 'n punt waar ons besef dat ons beperk GOD deur ons ongeloof, deur ons gebrek en kennis van Sy Woord.
Joshua het die mure van Jerigo laat val sonder om ''n aanval te loods omdat hy vertrou het en omdat hy die krag van GOD geken het.
Dawid het nie vir Goliat gevrees nie, want Hy het die krag van sy GOD geken.
Ons glo die leuens en beperkings wat mense op ons lewe plaas, omdat ons nie GOD se Woord nie ken nie, want as jy GOD se Woord ken en jou vertroue op Hom plaas sou jy geweet het, by GOD is alles moontlik en jy sal deur die storm kom.
GOD het nie beplan dat jy moet faal nie, maar dat jy 'n hoopvolle toekoms sal hê.
Moenie dwaal nie, begin GOD se Woord in diepte lees en vind uit wie jou Skepper is.
-------
GEBED.
VADER, ons het geen verskoning nie! Ons word vasgevang in die lewens storms omdat ons moed opgegee het, omdat ons nie in geloof vorentoe beur nie. Ons bid vir vergifnis van ons ongeloof! Lei ons asb daarin om ons prioriteite reg te kry sodat ons weer ons hoop en insig vir die toekoms wat U vir ons beplan het in U Woord sal vind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir standvastigheid van geloof.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel : +27716283107






