HEBREËRS 12:14-15 AFR53
14. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
15. en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
***
Kern gedeelte:
"dat geen wortel van bitterheid opskiet"
Of jy 'n plaasboer is, of net 'n tuinier of iemand wat net met saad plant eksperimenteer, sal jy duidelik verstaan dat as jy Pampoen saad plant, gaan dit Pampoene voortbring.
As die plant wortel skiet, begin groei, weet jy dat dit kunsmis en water nodig het om die groei siklus te voltooi.
Ons wil bitterheid en onvergifnis plant en verwag dat dit vrede, vreugde en geluk sal voortbring.
Dit werk egter nie so nie, wat jy voed en koester, gaan jou lewens-oes word, en jou tafel van nagevolg sal daarmee gedek word.
Pasop, wees versigtig, tyd verander jou karakter, en sonder dat jy dit besef word jy meer en meer soos die persoon teen wie jy die wrok dra.
As jy my nie glo nie, gaan sit stil en dink, waar kom jy vandaan, en hoe het hierdie saak van bitterheid en onvergifnis reeds jou lewe, jou denkwyse, jou optrede teenoor ander en jou uitkyk op die toekoms verander?
Jy sien GOD nie meer nie, maar net die bitter donkerheid van hierdie wêreld!
Laat gaan, vergewe, sodat GOD jou ook kan vergewe en hierdie sluier van donker bitterheid, van jou kan verwyder.
-------
GEBED.
VADER, elkeen van ons loop met een of ander on-afgehandelde saak, 'n saak van bitterheid of onvergifnis in ons rond. Ons verwagting is 'n GOD geseënde oes van vrede, vreugde en voorspoed, maar ons voed daagliks die onkruid in ons lewe, die dinge wat ons oes verdruk en verdring. Laat ons nie blind wees vir die skade wat ons, onself aandoen nie. Laat ons vandag bely, nie verder die verderf in ons lewe sal voed nie. Laat ons vandag onself en ander vergewe, aanbeweeg sodat ons oes deur U geseën kan word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag en vrede om ander te kan vergewe.
AMEN.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





