HEBREËRS 13:4 AFR53
4. Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
***
Kern gedeelte:
"want GOD sal hoereerders en egbrekers oordeel"
Die oordeel van GOD gaan nie een van ons mis, omdat ons deur skynheiligheid met die woord van GOD op ons lippe loop, en die kerkbanke volsit om deur ander mense raakgesien te word nie.
As jy tans besig is met hoerery, weet dat sonde se betaaldag ook vir jou sal aanbreek.
As jou oë dwaal, jy in jou gedagtes begeer, weet net dat jy is reeds skuldig hieraan, want jy beweeg met die gees van wellus in jou hart.
As die boodskap vanoggend vir jou tot aanstoot is, moenie my blameer nie, maar gaan soek die onderliggende rede.
As jy tot GOD bid in onpartydige opregtheid, sal die Heilige Gees van GOD, die wortel van die probleem aan jou openbaar.
Miskien troos jy jouself deur te sê, maar ons bly net saam.
Gaan lees die Woord van GOD baie aandagtig deur, en die realiteit van jou saambly verskoning sal op jou neerdaal.
Ek wys nie vingers nie, maar die Woord van GOD het geen grys areas nie.
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want GOD sal hoereerders en egbrekers oordeel.
-------
GEBED.
VADER, elke dag kom versoeking oor ons pad in verskillende vorme, die TV se programme wat die beelde in ons en ons kinders se keel afdruk. Die selfone wat die mense beheer, waar pornografie in die palm van ons hand is, en die verleiers en verleidster van hierdie wêreld ons probeer oortuig dat dit net 'n daad van gemeenskap is, en geen skade kan doen nie. Laat ons sonder twyfel besef dat hoerery, sonde teen ons eie ligaam is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir oorwinning oor die gees van wellus.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





