I KORINTHIËRS 13:8, 13 AFR53
8. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.
13. En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
***
Kern gedeelte:
"maar die grootste hiervan is die liefde"
Ek wil vanoggend niks probeer byvoeg nie, maar laat die Woord vanself spreek!
* Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
* handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
* is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
* Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Ons kan self besluit of ons daadwerklik in liefde met ander saamleef.
-------
GEBED.
VADER, leer ons asb hoe om in U Liefde te beweeg, hoe om dit uit te leef, maar meer as dit vra ons dat U ons sal leer hoe om U son oor almal te laat skyn.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons dat U enige bitterheid in ons, met U Liefde sal vervang.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





