NÚMERI 35:33-34 AFR53
33. En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
34. En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die Here, woon in die midde van die kinders van Israel.
***
Kern gedeelte:
"want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel"
Soveel mense vra, waar is die teenwoordigheid van GOD in ons land Suid-Afrika.
Die GOD wat ons dien, is 'n GOD van orde, van onpartydige opregtheid, 'n Heilige GOD wat sy kinders lei deur die teenwoordigheid en inwerking van Sy Heilige Gees.
Maar kyk na ons land, onskuldige bloed word vergiet, chaos, korrupsie, wanorde en swak morele waardes is aan die orde van die dag.
Hierin sal ons GOD nie vind, en dinge gaan nie verander voordat ons as GOD se volk nie in eenheid opstaan en GOD se teenwoordig gaan soek deur gebed en vas nie.
Deur ons te bekeer van ons weë en GOD weer eerste te stel in alles wat ons doen.
Die Woord is duidelik:
Nader tot GOD en Hy sal tot julle nader.
Dan sal GOD se teenwoordigheid weer ervaar word, en ons land sal weer die land van melk en heuning word.
-------
GEBED.
VADER, baie mense gaan verskil met die gebed, maar as die koring op die land vrot is, brand ons dit, sodat ons kan ploeg en plant sodat U 'n nuwe seisoen nuwe oes, kan teweegbring. Ons land is vrot van moord, korrupsie, oneerlikheid en onskuldige bloed word vergiet. Laat U Wil geskied, laat die sondes van ons land op die skuldige partye neerkom sodat ons opnuut die pad saam met U kan stap.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat reg en geregtigheid uit U Hand sal geskied, sodat U weer in ons midde kan woon.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





