PSALMS 100:2-4 AFR53
2. Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
3. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
4. Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
***
Kern gedeelte:
"Dien die Here met blydskap"
Ek kyk rondom my, dan sien ek hoe kinders van GOD worstel met die sake van die wêreld.
Hoe bekommernis, depressie en angstigheid, hulle van hulle lewens vreugde ontneem.
Wanneer ons meer tyd met GOD spandeer, nader aan Hom beweeg sal jy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.
As jy vanoggend voel dat alles vir jou te veel raak, weet dat jy tot alles in staat is deur JESUS CHRISTUS wat jou die krag gee.
Daarom neem die tyd wat jy in bekommernis deurbring en spandeer dit in gebed. Dank GOD vir dit wat jy het, en moenie bekommerd wees oor jou tekortkomimge nie, GOD weet reeds dat jy voorsiening en genesing nodig het.
Die kinders van die wêreld jaag agter hierdie dinge aan, maar GOD gee dit aan sy beminde in sy slaap.
-------
GEBED.
VADER, daagliks oortuig die media platforms van die wêreld ons dat ons nie goed genoeg is nie en dat ons dit nie gaan maak nie. Ons loof U nie in vreugde nie, en dien U nie met blydskap nie, omdat ons in vrees lewe en die leuens van die "verdêrwer" glo. Open asb oë sodat ons waarheid sal sien, in ons gees kalm sal wees met die wete dat ons GOD in beheer is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir kalmte van gemoed en helderheid van verstand.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





