MALEÁGI 2:6-8 AFR53
6. Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.
7. Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die Here van die leërskare.
8. Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare.
***
Kern gedeelte:
"Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar"
Bitter min mense in vandag se tyd, spandeer nog werklik tyd in GOD se Woord, met 'n dieper soeke en behoefte na die waarheid.
Daar is soveel valsheid en verdraaide leringe daarbuite, en die volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis.
Want ons glo net wat ons hoor, en ons bevestig nie wat die Skrifte sê nie.
Dan wonder ons hoekom die bruid van Christus, die Kerk van JESUS CHRISTUS, sy glans en glorie verloor het en die gemeenskaplike byeenkomste 'n samesang van sonde geword.
Daarom waarsku GOD die priesters in vers 9, wat sal gebeur as hulle sy Woord verdraai:
So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
-------
GEBED.
VADER, ons vra net vanoggend dat U Heilige Gees aan ons die Waarheid sal openbaar wanneer ons tyd in U Woord deurbring. Beskerm ons asb teen die dwaal leer wat die norm van ons tyd geword het. Rig ons asb in U weg van onpartydige opregtheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die waarheid van U Woord weer tot ons sal deurdring.
Amen.
•••••••
Wetuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





