PSALMS 46:8, 11-12 AFR53
8. Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons.
11. Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
12. Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons.
***
Kern gedeelte:
"Laat staan en weet dat Ek GOD is"
'n Ander vertaling lees , Wees stil en weet dat ek GOD is.
Ongeag, ons hou aan karring met dit wat verby is, en ons bly terugkyk en hoop op dinge wat nooit weer sal wees nie.
GOD het jou rigting verander, en in jou beproewing, lê jou oorwinning!
Omdat ons nie erken dat GOD ons Rots en Vesting is nie, Hom nie volkome vertrou nie en stagneer in ons geloof, sal GOD jou omgewing, jou situasie en jou gemaksone vir jou verander, want daardeur sal jou oorwinning kom.
Jou beproewing baan die weg na jou oorwinning.
Laat staan die verlede, wees stil, en weet GOD is in beheer!
As jy in geloof sal bly staan, weet dan dat die Here van die Leërskare is met jou; die GOD van Jakob is 'n Rotsvesting vir jou.
Onthou moeilike tye groei karakter, en wat vandag jou stryd is, word jou boublokke na die pad van oorwinning in die dag van môre.
-------
GEBED.
VADER, ons vra dat U Heilige Gees kalmte oor ons sal bring, en dat ons sal besef dat ons was nog nooit in beheer van die situasie van vandag, of wat voorlê in die dag van môre nie. Gee asb aan ons die vermoë om te laat gaan, stil te word, en te weet dat ons GOD is in beheer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding, U Wysheid en U Insig in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





